
GRN verbind hom aan 'n bevorderlike sake-omgewing
Loading player...
Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, sê die regering is daartoe verbind om 'n bevorderlike omgewing te skep vir die privaatsektor om in te werk. Hy het vanoggend gepraat by die eerste Namibiese Openbaar-Private Forum in Windhoek. Die forum word gehou onder die tema "Openbaar-Private Dialoog om Ordentlike en Volhoubare Werkskepping te Bevorder: Verbetering van Namibië se Mededingendheid".

