
Swakop-munisipaliteit skenk ruim aan skole
Loading player...
Die munisipaliteit van Swakopmund het onlangs 200 000 Namibiese dollar geskenk aan 20 skole op die dorp. Dit is die munisipaliteit se korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheidsinisiatief om skole in die omgewing op te hef. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die munisipaliteit, Linda Mupupa gepraat wat uiteensit waarvoor die geld gebruik kan word.

