
Direktoraat verduidelik vertraging in verslag oor Cessna-lugramp
Loading player...
Die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke kon nie sy verslag rakende die noodlottige vliegongeluk waarin 'n Cessna 406 in Pionierspark op 3 Mei verlede jaar neergestort het, binne ‘n jaar voltooi nie. Ondersoeker Ben Engelbrecht het destyds aan Kosmos 94.1 Nuus gesê teen Oktober verlede jaar is altwee enjins in Kanada uitmekaar gebou en drie komponente eis verdere toetsing, daarom die vertraging. 'n Konsepverslag van die ondersoek word nou saamgestel nadat al die toetsuitslae ontvang is. Engelbrecht het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik wat die prosesse behels voor die finale verslag vrygestel word.

