Dieselfde AK-47 gebruik in moord op Armand Swart, DJ Sumbody en ander

Loading player...
Die polisie se senior forensiese ontleder, Solomon Modisane, het onthul dat dieselfde AK-47-geweer gebruik is in die moorde op die ingenieur Armand Swart, DJ Sumbody, DJ Vintos en die sakeman Don Tindleni. Modisane, wat vanaf 'n ander bestemming voor die Madlanga-kommissie getuig, sê die patroondoppies op al vier misdaadtonele stem ooreen onder mikroskopiese ontleding. Hy beskryf dit as bisar dat die vuurwapen wat in die moord op Swart gebruik is, in Pretoria sowel as Amanzimtoti in KwaZulu-Natal ondersoek is:
28 Oct 2025 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Legal Shield transaksie kan nou afgehandel word

Trustco Group Holdings bevestig dat die 468 miljoen Namibiese dollar Legal Shield Holdings transaksie ten volle afgehandel word, na 'n mislukte oornamepoging deur Riskowitz Value Fund. Kosmos 94.1 Nuus het met Trustco se adjunk-uitvoerende hoof, Quinton van Rooyen Jnr. gepraat.
20 Feb 4AM 1 min

FOSA eis ondersoek na hoë vleispryse in buurland

Die Forum for South Africa vra 'n ondersoek na die buitensporige styging in vleispryse in die land. Nuwe data van Statistieke Suid-Afrika, wys die jaarlikse styging van vleispryse het van Desember tot nou van 12,6-persent tot 13,5-persent gestyg met drie beesvleisprodukte wat die hoogste jaarlikse styging van al 391 produkte…
20 Feb 4AM 1 min

Heraanstelling van Epangelo-hoof bevraagteken

Die besluit om Eliphas Hawala se kontrak as uitvoerende hoof van Epangelo Mining Company te verleng, het debat tot gevolg gehad. Na 18 jaar aan die stuur van die staatsbeheerde onderneming, is Hawala 'n verlenging van 12 maande toegestaan, ten spyte daarvan dat hy die verpligte aftree-ouderdom bereik het. Intussen…
20 Feb 3AM 1 min

Guterres bepleit beheer van KI-groei

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die toekoms van kunsmatige intelligensie kan nie in die hande van 'n paar lande of die giere van 'n paar miljardêrs oorgelaat word nie. Hy het op die KI-beraad in Nieu-Delhi, Indië, gepraat oor die begin van 'n nuwe era waarin…
20 Feb 2AM 1 min

Johannesburg se waterkrisis kan met sy skuld opgelos word

Die Vryheidsfront Plus sê hy is bekommerd oor die waterkrisis in die Stad Johannesburg en die metro se voortslepende versuim om agterstallige munisipale skuld in te vorder. Onbetaalde munisipale rekeninge in Johannesburg beloop tans 71-miljard Suid-Afrikaanse rand. ʼn Aansienlike deel hiervan is in gebiede soos Soweto, waar die maandelikse invorderingskoers…
20 Feb 2AM 1 min