
Johannesburg se waterkrisis kan met sy skuld opgelos word
Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê hy is bekommerd oor die waterkrisis in die Stad Johannesburg en die metro se voortslepende versuim om agterstallige munisipale skuld in te vorder. Onbetaalde munisipale rekeninge in Johannesburg beloop tans 71-miljard Suid-Afrikaanse rand. ʼn Aansienlike deel hiervan is in gebiede soos Soweto, waar die maandelikse invorderingskoers tussen 40- en 50-persent wissel. Franco de Lange van die VF Plus sê daarenteen is die maandelikse invorderingskoers in die noordelike en westelike woonbuurte altyd bo 90-persent:

