Toep vergemalik Erongo RED-kliënte se lewens

Loading player...
Die Erongo Streekselektrisiteitsverspreider, Erongo RED, het 'n mobiele toepassing bekendgestel wat kliënte toelaat om enige tyd elektrisiteit te koop, hul rekeninge te betaal, foute aan te meld en toegang tot sleuteldienste te kry. Uitvoerende hoof Tino !Hanabeb sê die aanvanklike begroting om die toep te ontwikkel was 5 miljoen Namibiese dollar, maar slegs 500 000 dollar is bestee, danksy 'n vennootskap tussen die Namibiese sagteware-ontwerper en MTC. Sodra dit ten volle in werking is, kan die inisiatief besparings van ongeveer 6 miljoen dollar genereer, afhangende van kliëntegebruik. !Hanabeb sê sowat 53 000 kliënte gebruik reeds die toep, wat binnekort toegelaat sal word om elektrisiteit te koop en later te betaal. Hy verduidelik.
28 Oct 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Legal Shield transaksie kan nou afgehandel word

Trustco Group Holdings bevestig dat die 468 miljoen Namibiese dollar Legal Shield Holdings transaksie ten volle afgehandel word, na 'n mislukte oornamepoging deur Riskowitz Value Fund. Kosmos 94.1 Nuus het met Trustco se adjunk-uitvoerende hoof, Quinton van Rooyen Jnr. gepraat.
20 Feb 4AM 1 min

FOSA eis ondersoek na hoë vleispryse in buurland

Die Forum for South Africa vra 'n ondersoek na die buitensporige styging in vleispryse in die land. Nuwe data van Statistieke Suid-Afrika, wys die jaarlikse styging van vleispryse het van Desember tot nou van 12,6-persent tot 13,5-persent gestyg met drie beesvleisprodukte wat die hoogste jaarlikse styging van al 391 produkte…
20 Feb 4AM 1 min

Heraanstelling van Epangelo-hoof bevraagteken

Die besluit om Eliphas Hawala se kontrak as uitvoerende hoof van Epangelo Mining Company te verleng, het debat tot gevolg gehad. Na 18 jaar aan die stuur van die staatsbeheerde onderneming, is Hawala 'n verlenging van 12 maande toegestaan, ten spyte daarvan dat hy die verpligte aftree-ouderdom bereik het. Intussen…
20 Feb 3AM 1 min

Guterres bepleit beheer van KI-groei

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die toekoms van kunsmatige intelligensie kan nie in die hande van 'n paar lande of die giere van 'n paar miljardêrs oorgelaat word nie. Hy het op die KI-beraad in Nieu-Delhi, Indië, gepraat oor die begin van 'n nuwe era waarin…
20 Feb 2AM 1 min

Johannesburg se waterkrisis kan met sy skuld opgelos word

Die Vryheidsfront Plus sê hy is bekommerd oor die waterkrisis in die Stad Johannesburg en die metro se voortslepende versuim om agterstallige munisipale skuld in te vorder. Onbetaalde munisipale rekeninge in Johannesburg beloop tans 71-miljard Suid-Afrikaanse rand. ʼn Aansienlike deel hiervan is in gebiede soos Soweto, waar die maandelikse invorderingskoers…
20 Feb 2AM 1 min