
Kommer oor wankelrige wapenstilstand in Gaza
Loading player...
Daar is kommer oor die toekoms van die wapenstilstand tussen Hamas en Israel, na die Israeliese premier Benjamin Netanyahu Dinsdagaand aanvalle op Gaza beveel het. Dit was nadat hy Hamas beskuldig het dat hulle die ooreenkoms verbreek het deur Israeliese troepe aan te val. Sky se Adam Parsons berig uit Jerusalem dat daar tans nie duidelikheid is oor of die skietstilstand hierdie keer sal voortgaan, of nie.

