
Aarde se magnetiese veld verswak vinniger as verwag
Loading player...
Wetenskaplikes het bevind dat die Aarde se magneties veld vinniger verswak as verwag. Satellietdata toon dat die Suid-Atlantiese Anomalie, 'n swak gebied wat oor die Suid-Atlantiese Oseaan na Afrika strek, uitgebrei het tot ongeveer die helfte van die grootte van die Europese vasteland. Omdat die magnetiese veld die Aarde teen sonbestraling beskerm, loop satelliete wat deur hierdie sone beweeg groter risiko's van stralingsskade, dataverlies en kragonderbrekings. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-departement by Unam, gepraat.

