
Werksaanbiedinge kan dekmantel vir mensehandel wees
Loading player...
Nampol-woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi waarsku Namibiërs om waaksaam te wees teen bedrieglike werksaanbiedinge, ook internasionaal, omdat dit toenemend as 'n dekmantel vir mensehandel gebruik word. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het sy die publiek versoek om alle werksgeleenthede deur amptelike kanale te verifieer en enige verdagte aktiwiteite onmiddellik aan te meld. Dit volg op voorvalle in 2023, toe 31 Namibiese vroue onder die dekmantel van oorsese werk na Oman gelok is, en aan ernstige uitbuiting en onmenslike behandeling onderwerp is.

