
NNN moet groenwaterstof-kommissaris aanwys
Loading player...
Die presidensie moet nog 'n nuwe kommissaris aanstel om die Namibiese Groenwaterstofprogram te lei. Woordvoerder Jona Musheko het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die organisasie wag op 'n besluit van president Netumbo Nandi-Ndaitwah oor die nuwe hoof en rigting van die program. Dit kom nadat die stigterskommissaris, James Mnyupe, die program amptelik op 1 November verlaat het. Mnyupe het die inisiatief sedert 2023 gelei.

