McIlroy vind langer LIV Gholf-toernooie vreemd

Loading player...
Gholf: Die vyfmalige major-kampioen, Rory McIlroy, beskryf LIV Gholf se besluit om sy toernooi van volgende jaar na 72 putjies uit te brei as eienaardig. Dit kan die Saoedi-Arabies-gesteunde liga se poging versterk om erken te word op die amptelike wêreldranglys, wat van die uiterste belang is omdat die vier majors dit gebruik om hulle spelerslys te bepaal. McIlroy, wat dié week die 12de keer in 'n toernooi in Abu Dhabi speel, bevraagteken hoeveel ranglyspunte beskikbaar gaan wees in LIV-toernooie:
6 Nov 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kommer oor bestuurspraktyke by SAL

Die DA het kommer uitgespreek oor die stand van bestuur by die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Die ouditeur-generaal het verlede week gewaarsku die staatslugredery kan binne die volgende 12 maande gesluit word as sy toenemende finansiële en bedryfsprobleme nie hanteer word nie. Die redery het tussen 2018 en 2024 38-miljard Suid-Afrikaanse rand…
29 Apr 11PM 1 min

Weermagkomitee plaas Hegseth onder erge druk

Amerikaanse verdedigingsminister Pete Hegseth het onder druk gekom om Washington se strategie vir die VSA-Israel-oorlog teen Iran uiteen te sit en beweer dat kritici daarvan 'n groter bedreiging vir Amerika as Iran inhou. Hy het voor die Huis van Verteenwoordigers se Weermagkomitee verskyn om wetgewers te probeer oortuig om 'n…
29 Apr 11PM 1 min

Nuwe Atoomenergie-raad ingehuldig

Gesondheidminister Esperance Luvindao het vandag die sesde Atoomenergie-raad in die hoofstad ingehuldig. Die raad het onder andere die belangrike taak om die land se stratetegiese kernkragplan te implementeer. Die lede van die raad sluit in voorsitter Shitaleni Herman, omgewingskommisaris Timotheus Mufeti, Petrina Nghidengwa, Natasja Cupido, John Titus en Colin Namalambo…
29 Apr 11AM 1 min

Sakeliga juig oor BKS-hofuitspraak

Sakeliga verwelkom gister se uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat streng sperdatums stel vir die regering se bek-en-klouseer-entstofplan. Anton Meijer van die organisasie sê die uitspraak versterk boere se regsuitdaging en plaas druk op die regering om privaat entstofmaatreëls toe te laat en siektebeheer dringend te verbeter:
29 Apr 11AM 1 min