Die DA het kommer uitgespreek oor die stand van bestuur by die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Die ouditeur-generaal het verlede week gewaarsku die staatslugredery kan binne die volgende 12 maande gesluit word as sy toenemende finansiële en bedryfsprobleme nie hanteer word nie. Die redery het tussen 2018 en 2024 38-miljard Suid-Afrikaanse rand…
Amerikaanse verdedigingsminister Pete Hegseth het onder druk gekom om Washington se strategie vir die VSA-Israel-oorlog teen Iran uiteen te sit en beweer dat kritici daarvan 'n groter bedreiging vir Amerika as Iran inhou. Hy het voor die Huis van Verteenwoordigers se Weermagkomitee verskyn om wetgewers te probeer oortuig om 'n…
Gesondheidminister Esperance Luvindao het vandag die sesde Atoomenergie-raad in die hoofstad ingehuldig. Die raad het onder andere die belangrike taak om die land se stratetegiese kernkragplan te implementeer. Die lede van die raad sluit in voorsitter Shitaleni Herman, omgewingskommisaris Timotheus Mufeti, Petrina Nghidengwa, Natasja Cupido, John Titus en Colin Namalambo…
Sakeliga verwelkom gister se uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat streng sperdatums stel vir die regering se bek-en-klouseer-entstofplan. Anton Meijer van die organisasie sê die uitspraak versterk boere se regsuitdaging en plaas druk op die regering om privaat entstofmaatreëls toe te laat en siektebeheer dringend te verbeter:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.