
Hoë vleispryse onder die loep
Loading player...
Die landboukundige Wallie Roux sê die onlangse skerp styging in vleispryse is geen toeval nie. Hy sê dit is die gevolg van beide sterk uitvoervraag en beperkte plaaslike aanbod. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl inflasiesyfers bevestig dat verbruikers meer vir vleis betaal, steeds minder as vir vrugte maar meer as vir vis, slagpale regoor die land onder druk is om deurset te handhaaf.

