Vance sê regter se bevel oor SNAP-betalings is absurd

Loading player...
ʼn Amerikaanse federale regter in Rhode Island het president Donald Trump se administrasie beveel om teen vandag geld te vind om die Aanvullende Voedingshulpprogram, ook bekend as SNAP, vir November te befonds. Dit volg nadat die Departement van Landbou die ongewone stap gedoen het om voordele vir hierdie maand op te skort en aanvoer dat die program weens die regeringsafsluiting nie fondse het nie. Meer as 42-miljoen Amerikaners ontvang SNAP-voordele. Visepresident JD Vance sê die uitspraak is absurd:
7 Nov 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Mesgeweld op Walvisbaai

Talle motoriste wat by padblokkades beboet is, was Vrydagaand aan die orde van die Copps 94.1-skof op Walvisbaai. Sake het egter teen die einde van die skof ‘n ernstige wending geneem met ‘n messteekvoorval op dié kusdorp. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel:
19 Dec 11PM 1 min

Moenie verkeersbeamptes probeer omkoop nie!

Die Zambezi-streekpolisiebevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, sê dat diegene wat van voorneme is om polisiebeamptes, veral verkeersbeamptes, hierdie feestyd om te koop, hulself agter tralies sal bevind. Hy het die aanmerkings gemaak na aanleiding van die onlangse drie onsuksesvolle pogings om verkeersbeamptes in die streek om te koop.
19 Dec 10AM 1 min

SANParke ondersoek noodlottige val op Leeukop

'n Stapper is dood na hy van 'n roete op Leeukop in die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad geval het. Nooddienste het onmiddellik gereageer, maar kon nie die stapper red nie. JP Louw van SANparke sê die saak is aan die polisie oorhandig vir ondersoek. Hy het Wildernis-soek en -redding,…
19 Dec 10AM 1 min

Kommentaar-tydperk op Beleggingsbevorderings-wetsontwerp verleng

Die handelsministerie het landwye konsultasies oor die Namibiese Beleggingsbevorderings-wetsontwerp gehou. Kenners het die wetgewing gekritiseer omdat dit volgens hulle nie beter as die vorige een is nie, en die publiek kon tot 12 Desember insette lewer. Dit is nou uitgestel en die publiek kan tot 31 Januarie 2026 kommentaar indien…
19 Dec 9AM 1 min