Hy hou jou vas

Loading player...
Vandag se gas, Juliana Liut, ’n toegewyde eggenoot, ma en onderwyseres en ’n passie om vroue te ondersteun wat deur die pyn van miskraam, stilgeboorte of babasterftes gaan, kom vertel haar storie. Na vier hartverskeurende miskrame het Juliana self deur die donker vallei van rou gestap – maar dit was juis in haar grootste en donkerste pyn dat God Sy helende hand oor haar uitgestrek, en nuwe hoop in haar binneste laat opstaan het.
7 Nov 2025 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Sielvolle verhale

Het jy geweet dat daar Christelike fiksie in Afrikaans is? Ons het uitgewers in Suid-Afrika wat ’n baie hoë standaard handhaaf om seker te maak dat jy top gehalte Christelike fiksie in jou hartstaal kan lees. Madeleine gesels met twee welbekende skrywers, Malene Breytenbach en Madelie Human, oor hulle nuwe…
29 May 56 min

Rehabilitasie verg spanwerk

Dr. Michiel v.d. Merwe is ’n berader by Castle Carey Rehabilitasiesentrum (‘n sentrum vir substansie-afhanklikes) en is ook deeltyds by ’n seniorbediening as predikant betrokke. Na 25 jaar as voltydse predikant, en 12 jaar as uitvoerende hoof van ’n rehabilitasiesentrum, weet hy watter belangrike rol gesin- en gemeenskapsprobleme in substansie-afhanklikheid…
15 May 1 hr 18 min

Die kosbare rol van 'n ma

Madeleine gesels met Jozine Botha oor die kosbare rol van ’n ma. Jozine is self ’n ma van vier pragtige kinders. Tenspyte daarvan dat sy voltyds in die bediening staan as pastoor en berader, jaag sy steeds haar drome na, en verlede jaar is haar debuutroman, Die jare tussen ons,…
8 May 1 hr 07 min

Hou kop bo water

Christene word nie vrygespreek van probleme nie. Net soos elke ander mens op Aarde, bevind ons onsself soms in die lewe se storms. As kind van God hoef jy egter nie moedeloos te raak en op te gee nie. Madeleine deel vyf beloftes uit die Woord waaraan jy kan vashou,…
30 Apr 49 min

Verlos uit die mag van verslawing. Gebreek. Genees. Vrygemaak.

Wanneer dwelmverslawing lewens verwoes, is dit baie moeilik om lig aan die einde van die tonnel te sien. Selfs wanneer rehabilitasie plaasvind, is daar op die pad vorentoe soveel uitdagings, dat baie mense moed opgee en weer terugval in die greep van verslawing. Daar is egter hoop. Landi-Lee en Arie…
25 Apr 1 hr 16 min