Piastri glo hy kan steeds F1 bestuurderskampioenskap wen

Loading player...
Motorsport: McLaren se Australiese renjaer, Oscar Piastri, glo steeds hy kan die Formule Een-bestuurders-kampioenskap wen. Hy het ses maande lank voorgeloop voor sy Britse spanmaat, Lando Norris, hom verlede maand verbygesteek het toe hy die Mexikaanse Grand Prix gewen het. Piastri is nou een punt agter, met Red Bull se verdedigende kampioen, die Nederlander Max Verstappen, net 35 punte agter. Dit beteken hierdie naweek se Brasiliaanse Grand Prix is uiters belangrik. Piastri hou vol hy kan steeds wen:
7 Nov 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Mesgeweld op Walvisbaai

Talle motoriste wat by padblokkades beboet is, was Vrydagaand aan die orde van die Copps 94.1-skof op Walvisbaai. Sake het egter teen die einde van die skof ‘n ernstige wending geneem met ‘n messteekvoorval op dié kusdorp. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel:
19 Dec 11PM 1 min

Moenie verkeersbeamptes probeer omkoop nie!

Die Zambezi-streekpolisiebevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, sê dat diegene wat van voorneme is om polisiebeamptes, veral verkeersbeamptes, hierdie feestyd om te koop, hulself agter tralies sal bevind. Hy het die aanmerkings gemaak na aanleiding van die onlangse drie onsuksesvolle pogings om verkeersbeamptes in die streek om te koop.
19 Dec 10AM 1 min

SANParke ondersoek noodlottige val op Leeukop

'n Stapper is dood na hy van 'n roete op Leeukop in die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad geval het. Nooddienste het onmiddellik gereageer, maar kon nie die stapper red nie. JP Louw van SANparke sê die saak is aan die polisie oorhandig vir ondersoek. Hy het Wildernis-soek en -redding,…
19 Dec 10AM 1 min

Kommentaar-tydperk op Beleggingsbevorderings-wetsontwerp verleng

Die handelsministerie het landwye konsultasies oor die Namibiese Beleggingsbevorderings-wetsontwerp gehou. Kenners het die wetgewing gekritiseer omdat dit volgens hulle nie beter as die vorige een is nie, en die publiek kon tot 12 Desember insette lewer. Dit is nou uitgestel en die publiek kan tot 31 Januarie 2026 kommentaar indien…
19 Dec 9AM 1 min