Talle motoriste wat by padblokkades beboet is, was Vrydagaand aan die orde van die Copps 94.1-skof op Walvisbaai. Sake het egter teen die einde van die skof ‘n ernstige wending geneem met ‘n messteekvoorval op dié kusdorp. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel:
Die Zambezi-streekpolisiebevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, sê dat diegene wat van voorneme is om polisiebeamptes, veral verkeersbeamptes, hierdie feestyd om te koop, hulself agter tralies sal bevind. Hy het die aanmerkings gemaak na aanleiding van die onlangse drie onsuksesvolle pogings om verkeersbeamptes in die streek om te koop.
'n Stapper is dood na hy van 'n roete op Leeukop in die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad geval het. Nooddienste het onmiddellik gereageer, maar kon nie die stapper red nie. JP Louw van SANparke sê die saak is aan die polisie oorhandig vir ondersoek. Hy het Wildernis-soek en -redding,…
Die handelsministerie het landwye konsultasies oor die Namibiese Beleggingsbevorderings-wetsontwerp gehou. Kenners het die wetgewing gekritiseer omdat dit volgens hulle nie beter as die vorige een is nie, en die publiek kon tot 12 Desember insette lewer. Dit is nou uitgestel en die publiek kan tot 31 Januarie 2026 kommentaar indien…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.