Pous Leo moet kom kuier, sê Ramaphosa

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê sy eerste ontmoeting met Pous Leo XIV in die Vatikaan is besonder betekenisvol, aangesien dit Suid-Afrika se eerste hoëvlak-betrokkenheid met die nuut aangestelde Pous verteenwoordig. Ramaphosa sê sy verkiesing as Pous in Mei vanjaar het 'n belangrike geleentheid gebied om bilaterale betrekkinge met die Pous te herbevestig en te versterk. Die president sê Suid-Afrika is die tuiste van byna vier miljoen Katolieke:
9 Nov 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tvet-studente, werklose gegradueerdes help skole in Nanso-veldtog

Nanso het met premier Elijah Ngurare vergader om die "Fix My School"-veldtog bekend te stel, 'n grondvlak-inisiatief wat daarop gemik is om die infrastruktuur-agterstand in skole aan te pak. Deur die vaardighede van Tvet-studente en werklose gegradueerdes te gebruik, lewer die veldtog 'n koste-effektiewe, hoë-impak benadering tot die verbetering en…
19 Feb 7AM 1 min

Terugkerendes uit Rusland 'moet met polisie saamwerk'

Die voormalige ambassadeur Kingsley Makhubela sê vier Suid-Afrikaanse mans wat van Rusland teruggekeer het, moet hulle volle samewerking vir die polisie gee oor hul werwing en beweerde betrokkenheid by die konflik tussen Rusland en Oekraïne. Hulle het gister teruggekeer. Makhubela het aan SABC News gesê owerhede moet enige betalings opspoor…
19 Feb 7AM 1 min

APP sê olie moet in lynministerie bly

Die debat oor die Wysigingswetsontwerp op Petroleum van 2025 duur voort in die parlement, met verskeie lede van opposisiepartye wat die wetsontwerp in sy huidige vorm verwerp. Die president van die All People’s Party, Ambrosius Kumbwa, voer aan dat die wetsontwerp onnodig is en geskrap moet word. Hy sê dit…
19 Feb 5AM 1 min

Vereniging van Staatsamptenare het kommer oor werkloosheidsyfers

Die Vereniging van Staatsamptenare sê die onlangse syfers oor die arbeidsmark vir die vierde kwartaal van 2025, dui op 'n klein verbetering in indiensnemingsvlakke, maar toon 'n kommerwekkende toename in ontmoedigde werksoekers. Hoewel 44 000 méér mense in diens geneem is en altesaam 17,1-miljoen mense tans werk, het die getal…
19 Feb 5AM 1 min

Von Bach-Windhoek watertoevoer môre af

NamWater het 'n beplande wateronderbreking aangekondig wat inwoners van Windhoek en omliggende gebiede sal raak. Die ontwrigting is as gevolg van 'n geskeduleerde kragonderbreking deur NamPower by die Von Bach Booster 2-substasie môre vanaf half-agt tot half-vyf namiddag. Brakwater sal veral geraak word omdat hy water direk van die lyn…
19 Feb 5AM 1 min