Namibië se ekonomie verloor momentum. Die Bank van Namibië berig dat binnelandse aktiwiteit gedurende die eerste drie kwartale van 2025 verlangsaam het, getref deur inkrimpings in landbou, vissery, mynbou en vervaardiging, met groei wat nou na verwagting laer sal wees as wat voorheen voorspel is. Aan die positiewe kant sê…
Die Organisasie teen Belastingmisbruik moedig die regering aan om op bestedingsdissipline te fokus in plaas daarvan om belasting in vanjaar se begroting te verhoog. Die organisasie sê Suid-Afrika se fiskale uitdagings word veroorsaak deur verkwistende besteding, korrupsie en reddingsboeie vir mislukte staatsentiteite, nie 'n gebrek aan inkomste nie. Die uitvoerende…
NamRA sê ongeveer 68 persent van sy teiken vir die huidige finansiële jaar, of 70 miljard Namibiese dollar is ingesamel teen einde Desember 2025. Tydens 'n gesprek aangebied deur die Ekonomiese Vereniging van Namibië het ekonoom Salomo Hei van High Economic Intelligence die kwessie van dalende inkomste bespreek.
Die Withuis sê die president, Donald Trump, het nog nie 'n finale besluit geneem oor 'n moontlike militêre aanval op Iran nie. Trump het volgens berigte opsies oor 'n aanval met sy adviseurs bespreek. 'n Gesamentlike aanval deur die VSA en Israel kan glo reeds Saterdag plaasvind. Die die Withuis-woordvoerder,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.