Sinner wen in Turyn, behou kans om eerste op ranglys te wees

Loading player...
Die tweede gekeurde Jannik Sinner van Italië het sy titel verdedig met ʼn oorwinning in Turyn. Die 24-jarige Sinner het met die Kanadees, Felix Auger-Aliassime, afgereken om sy kanse op die eerste plek op die ranglys lewend te hou indien hy die Spanjaard, Carlos Alcaraz, kan klop. Taylor Fritz van Amerika het die kwalifiseerder van Italië, Lorenzo Musetti wat sy debuut by die toernooi maak, verslaan. Sinner sê dis altyd spesiaal om voor sy tuisskare te speel:
11 Nov 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibiese firma bied kritieke olie- en gasbedryf opleiding

Die oliebedryf in Namibië kom op dreef met maatskappye wat analises uitvoer en eksplorasiewerk doen. Maatskappye berei voor om vaardighede te skep vir die bedryf en die Namibiese maatskappy Lion Oilfield Services bied die diens aan. Kosmos 94.1 Nuus het met Paulo Coelho gepraat, Lion Oilfield Services se uitvoerende beampte…
19 Dec 8AM 1 min

Kontrakteurs se kontakte 'saboteer kraginfrastruktuur'

City Power sê individue wat bande met kontrakteurs het en met sabotasie aan infrastruktuur verbind word, is kommerwekkend en skep ʼn groot vertrouensbreuk. Ses individue wat bande met ʼn City Power-kontrakteur het, is tydens ʼn intelligensie-gedrewe sekuriteitsoperasie in Fordsburg in Johannesburg vasgetrek nadat hulle na bewering ʼn ondergrondse koperkabel afgesny…
19 Dec 8AM 1 min

Brandstofpryse onveranderd in Januarie 2026

Internasionale oliepryse het in November gedaal en die Amerikaanse dollar het verswak, en die energieminister het oorverhalings op alle tipes brandstof aangeteken. Desnieteenstaande het die ministerie besluit om die brandstofpryse vir Januarie onveranderd te hou. Die ministerie se woordvoerder, Anna Salkeus, het meer.
19 Dec 7AM 1 min

Vier aangekeer in verband met DJ Warras-moord

Vier van die ses mense teen wie Warrick ‘DJ Warras’ Stock beskermingsbevele gehad het, is vir ondervraging in verband met sy moord aangekeer. Dit volg nadat die Johannesburgse metropolisie gisteraand ʼn klopjag uitgevoer het op Zambesi House in die middestad. Die burgemeesterskomiteelid vir Openbare Veiligheid, Mgcini Tshwaku, sê Stock het…
19 Dec 7AM 1 min

Reaksie op NNN se insluiting op Forbes-vrouelys

President Netumbo Nandi-Ndaitwah is aangewys as die 79ste mees magtige vrou in die wêreld op Forbes se jaarlikse lys van 100 magtige vroue, en die derde magtigste vrou in Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jonas Mbambo, die pressekretaris van die presidensie, wat reageer.
19 Dec 5AM 1 min