
SA stel eerste plaaslike vervaardigde entstof in 50 jaar bekend
Loading player...
Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, en adjunkminister van Wetenskap, Nomalungelo Gina, lei vandag die bekendstelling van Suid-Afrika se eerste plaaslik vervaardigde entstof in meer as 50 jaar. Die geskiedkundige gebeurtenis by die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal dui die begin aan van fase een kliniese toetse vir Biovac se mondelinge cholera-entstof. Die woordvoerder van die Ministerie van Gesondheid, Foster Mohale, sê die toetse, gekoördineer deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, is daarop gemik om die entstof se doeltreffendheid teen cholera te bepaal:

