Amerikaanse regering maak oop, tot 30 Januarie

Loading player...
Die langste Amerikaanse regeringsluiting in die geskiedenis, 43 dae, is beëindig. Die Huis van Verteenwoordigers het 222 teen 209 vir die tydelike begrotingsraamwerk gestem. Fondse sal nou beskikbaar wees tot 30 Januarie volgende jaar. President Donald Trump het die raamwerk bekragtig en die skuld by die Demokrate se deur geplaas.
13 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meatco se jaarvergadering môre gehou

Meatco se algemene jaarvergadering vind môre plaas en belanghebbendes word aangemoedig om te registreer en dit by te woon. Die vergadering sal in-diepte opdaterings verskaf oor die meetbare vordering van Meatco se finansiële herstel, bestuurshervormings en die ommekeerstrategie wat deur die raad goedgekeur is. Undamuje Hambira, Meatco se kommunikasie-beampte, het…
18 Feb 10PM 1 min

SA se Januarie-inflasie daal effe

Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het in Januarie tot 3,5-persent verlangsaam vanaf 3,6-persent in Desember, danksy laer brandstofpryse en bestendige voedselkoste. Pryse van rys, mieliemeel, suiwel en eiers het gedaal, maar vleispryse hou aan styg. Brandstof het tot op sy laagste vlak in byna vier jaar gedaal. Ricado Johnson van Statistieke…
18 Feb 10PM 1 min

Dís hoekom Afrika op VN Veiligheidsraad moet wees

Afrika-leiers hernu hul druk vir permanente verteenwoordiging op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, 20 jaar na die aanneming van die Ezulwini-konsensus en die Sirte-verklaring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die Suid-Afrikaanse politieke kommentator dr. Charles Sinkala dat Afrika se uitsluiting van die magtige globale liggaam beide onregverdig…
18 Feb 10AM 1 min

Tiger Woods sê hy kan moontlik aan Meesters deelneem

Gholf: Die vyftienmalige major-kampioen Tiger Woods sê sy deelname aan vanjaar se Meesters is steeds 'n moontlikheid. Die 50 jarige Woods het sedert Julie 2024 nog nie weer aan 'n amptelike PGA-toerbyeenkoms deelgeneem nie. Die Amerikaner het die hele 2025-seisoen misgeloop nadat hy sy hakskeensening in Maart geskeur het voor…
18 Feb 10AM 1 min