Aansoeke vir sonkrag-omwentelingsfonds is oop

Loading player...
Die energieministerie nooi aansoeke uit vir sy Sonkrag-omwentelingsfonds, wat bekostigbare lenings bied om toegang tot skoon energie te bevorder. Sedert 2010 het die fonds meer as 5 700 hernubare energiestelsels gefinansier, en meer as 176 miljoen Namibiese dollar landwyd belê. Namibiërs kan nou aansoek doen vir lenings van tot 150 000 dollar vir kragnetwerkverbindings, 95 000 dollar vir klein besighede, en tussen 35 000 en 60 000 dollar vir sonkraggeisers, waterpompe en huisstelsels. Die lenings is teen 'n vaste rentekoers van 5 persent, terugbetaalbaar oor vyf jaar. Ministerie-woordvoerder Ten Hasheela het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat vir meer.
13 Nov 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hokkie: Namibië se vroue wys staal in Nkosi-beker

Namibië se vrouehokkiespan bly onoorwonne by die Nkosi-binneshuise toernooi in Kaapstad ná hulle Nieu-Seeland Saterdagoggend met 7-3 geklop het. In hul eerste wedstryd Vrydag, het die span Zimbabwe ook met 7-3 verslaan. Die vroue durf Australië vanmiddag om drie-uur aan. Afrigter Shayne Cormack het Saterdag se kragmeting só opgesom:
13 Dec 11PM 1 min

BoN moet onafhanklik bly, sê !Gawaxab

Die uittredende goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab, sê sy vyf-jaar ampstermyn het gefokus op die handhawing van Namibië se buitelandse reserwes, die versterking van batetoewysing en die verskerping van die bank se beleggingsbenadering. Hy doen 'n beroep op die inkomende administrasie om die Bank van Namibië se onafhanklikheid…
13 Dec 6AM 1 min

SA media mag eksamenuitslae publiseer, sê hof

Die departement van basiese onderwys het die uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom wat sy wetlike gesag bevestig om die uitslae van die Nasionale Senior Sertifikaat in koerante en geakkrediteerde mediaplatforms te publiseer. Die uitspraak stel dit duidelik dat hierdie gevestigde praktyk nie die verwerking van persoonlike inligting onder…
13 Dec 5AM 1 min

Geen bouplanne goedgekeur vir ingestorte Verulam-tempel

Die eThekwini-munisipaliteit sê geen goedgekeurde bouplanne is ingedien vir die Verulam-tempelgebou wat in Durban, KwaZulu-Natal, ineengestort het nie. Twee mense is dood en drie ander is steeds vasgekeer. Reaksie-eenheid Suid-Afrika sê reddingspanne boor versigtig deur puin om oorlewendes op te spoor. Die gebou het na bewering ineengestort terwyl beton deur…
13 Dec 3AM 1 min

Tygerberg maak mediese geskiedeniis met operasie

Die Tygerberg-hospitaal in die Wes-Kaap het geskiedenis gemaak deur Suid-Afrika se eerste volledig interne ledemaatrekonstruksie uit te voer. Die operasie het ’n ernstige beendefek herstel en ’n verskil in beenlengte reggestel sonder om eksterne rame te gebruik. Die 64-jarige pasiënt, ’n voormalige polisiebeampte, is in 2018 geskiet en het sedertdien…
13 Dec 2AM 1 min