Terwyl swaar reën deur 'n groot deel van die land voortduur, doen die Motorvoertuig Ongelukkefonds 'n beroep op motoriste om ekstra versigtig op die paaie te wees. Die fonds waarsku dat nat, gladde oppervlaktes en stygende watervlakke gevaarlike rytoestande skep, veral naby waterdeurdrenkte gebiede en rivierkruisings. Motoriste word daaraan herinner…
Een persoon is dood, en verskeie ander is vasgekeer nadat 'n vierverdiepingtempel wat in aanbou is in Redcliffe, noord van Durban, KwaZulu-Natal, ineengestort het. Die presiese aantal mense wat vasgekeer is, is onbekend. Die woordvoerder van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Senzelwe Mzila, sê rampbestuur en gespesialiseerde…
Daar is 'n nuwe hupstoot vir Namibiërs wat die petroleumsektor wil betree. Petrofund het PetroConnect bekendgestel, 'n moderne CV- en talentdatabasis wat plaaslike professionele persone met geleenthede in die olie- en gasbedryf verbind. Die platform, wat nou op Petrofund se webwerf beskikbaar is, is daarop gemik om plaaslike inhoudontwikkeling te…
Kommer word uitgespreek oor 'n kennisgewing oor 'n aansoek vir 'n omgewingsklaringsertifikaat vir die oes van rooshout en kiaat op kleinskaalse plase in die Kavango Oos-streek. Die onwettige oes van die bome is gereeld in die nuus. Belanghebbendes kan registreer en kommentaar lewer teen Vrydag, 12 Desember. Die konsultant is…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.