ANC staan bankvas agter Palestyne in SA

Loading player...
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die regering het swak gekommunikeer oor die 153 Palestynse asielsoekers. Hy het tydens die ANC se nasionale uitvoerende komiteevergadering gepraat en gesê veral die departement van binnelandse sake onder leiding van die DA se minister, Leon Schreiber, het versuim om burgers doeltreffend in te lig oor hierdie kwessie:
15 Nov 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ry versigtig op nat paaie, maan MVA

Terwyl swaar reën deur 'n groot deel van die land voortduur, doen die Motorvoertuig Ongelukkefonds 'n beroep op motoriste om ekstra versigtig op die paaie te wees. Die fonds waarsku dat nat, gladde oppervlaktes en stygende watervlakke gevaarlike rytoestande skep, veral naby waterdeurdrenkte gebiede en rivierkruisings. Motoriste word daaraan herinner…
12 Dec 10AM 1 min

Een dood, vele vasgekeer toe KZN-tempel ineenstort

Een persoon is dood, en verskeie ander is vasgekeer nadat 'n vierverdiepingtempel wat in aanbou is in Redcliffe, noord van Durban, KwaZulu-Natal, ineengestort het. Die presiese aantal mense wat vasgekeer is, is onbekend. Die woordvoerder van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Senzelwe Mzila, sê rampbestuur en gespesialiseerde…
12 Dec 10AM 1 min

Petrofund stel talentdatabasis bekend vir olie en gas

Daar is 'n nuwe hupstoot vir Namibiërs wat die petroleumsektor wil betree. Petrofund het PetroConnect bekendgestel, 'n moderne CV- en talentdatabasis wat plaaslike professionele persone met geleenthede in die olie- en gasbedryf verbind. Die platform, wat nou op Petrofund se webwerf beskikbaar is, is daarop gemik om plaaslike inhoudontwikkeling te…
12 Dec 9AM 1 min

Dis kleinboere wat rooshout, kiaat uitroei - ekoloog

Kommer word uitgespreek oor 'n kennisgewing oor 'n aansoek vir 'n omgewingsklaringsertifikaat vir die oes van rooshout en kiaat op kleinskaalse plase in die Kavango Oos-streek. Die onwettige oes van die bome is gereeld in die nuus. Belanghebbendes kan registreer en kommentaar lewer teen Vrydag, 12 Desember. Die konsultant is…
12 Dec 9AM 1 min