Nainda mik vir top-Interpol pos

Loading player...
Namibië verskerp sy veldtog vir die top-pos by Interpol, met NamPol se generaal-majoor Anne-Marie Nainda wat vir die presidentskap staan terwyl die wêreldwye polisieliggaam voorberei om oor net twee weke nuwe leierskap te verkies. Nainda, tans Afrika se afgevaardigde op Interpol se uitvoerende komitee, het meer as 30 jaar se polisiëringservaring en kan slegs die tweede vrou word om die organisasie in sy 100-jarige geskiedenis te lei. Die verkiesing sal plaasvind tydens Interpol se Algemene Vergadering van 24 tot 27 November in Marrakesh, Marokko. Nampol se woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
16 Nov 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Thai-Kambodja grensgeskil dodetal styg

Die dodetal in hernude gevegte oor ʼn grensgeskil tussen Thailand en Kambodja het tot tien gestyg. Geweld het Maandag uitgebreek, minder as twee maande nadat die lande ʼn gesamentlike vredesverklaring onderteken het. Kambodja sê nog twee burgerlikes is oornag dood in bomaanvalle deur Thaise magte, wat sy sterftesyfer op sewe…
9 Dec 7AM 1 min

Cosatu is boos oor neoliberale benadering tot die begroting

Die vakverbond Cosatu is uiters ontsteld oor die toestand van plaaslike regering, met wanbestuur, korrupsie, onderbefondsing en die gebrek aan belastinginvordering wat gelei het tot werkers wat nie betaal word nie en basiese dienste wat agteruitgaan. Die vakverbond het sy voorlegging oor die Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring se Wysigings- en Aanpassingswetsontwerpe op die…
9 Dec 5AM 1 min

Landmyne is 'n reuse uitdaging in Sirië

‘n Jaar na die val van die Assad-regime in Sirië is dit duidelik dat die omvang van landmyne baie wyer strek as wat verwag is. Die internasionale organisasie wat landmyne verwyder, HALO, se programdirekteur vir Sirië, Simon Jackson, sê hulle het meer as 1 600 ongevalle gehad as gevolg van…
9 Dec 5AM 1 min

GBV: Fokus op mans geplaas

Die 5de Nasionale Manskonferensie is tans aan die gang, met 'n sterk oproep aan mans om die stilte te verbreek oor die mishandeling wat baie van kleins af in die gesig staar. Dit is in ‘n poging om geslagsgeweld te bekamp en mans emosioneel te bemagtig. James Itana, uitvoerende direkteur…
9 Dec 5AM 1 min

Ekonoom sê oor AfDB-lening

Die Afrika Ontwikkelingsbank het 1,78 miljard Amerikaanse dollar, sowat 30 miljard Namibiese dollar, aan Namibië bewillig, wat ten doel het om ekonomiese transformasie en inklusiewe groei van 2025 tot 2030 te stimuleer. Die meeste van die bedrag sal in die vorm van lenings wees, maar daar sal ook toelae wees…
9 Dec 5AM 1 min