Die 2025 Desert Ultra begin môre, Naude Dreyer vat hom weer

Loading player...
Die 2025 Desert Ultra begein môre by Spitskoppe en duur tot Vrydag waar dit by die Save the Rhino-trust eindig. Dit is ‘n uitmergelende 250 kilometer marathon oor vyf dae en atlete is self-onderhoudend en kry net elke 10 kilometer waterbystand. Daar is vyf Namibiese atlete wat deelneem waaronder Naude Dreyer van Namibia Ocean Conservation. Dit is Dreyer se tweede Desert Ultra en dis vir ‘n goeie doel.
16 Nov 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aanklaer-generaal Imalwa se termyn verleng

Die Regterlike Dienskommissie het meer oor die pos van die aanklaer-generaal wat geadverteer is met ‘n sluitingsdatum van 16 Januarie volgende jaar. Die huidige aanklaer-generaal, Martha Imalwa, wat sedert 2004 in die pos dien, se termyn kom op 31 Desember tot ‘n einde maar, dit is nou verleng tot die…
9 Dec 7AM 1 min

Thai-Kambodja grensgeskil dodetal styg

Die dodetal in hernude gevegte oor ʼn grensgeskil tussen Thailand en Kambodja het tot tien gestyg. Geweld het Maandag uitgebreek, minder as twee maande nadat die lande ʼn gesamentlike vredesverklaring onderteken het. Kambodja sê nog twee burgerlikes is oornag dood in bomaanvalle deur Thaise magte, wat sy sterftesyfer op sewe…
9 Dec 7AM 1 min

Cosatu is boos oor neoliberale benadering tot die begroting

Die vakverbond Cosatu is uiters ontsteld oor die toestand van plaaslike regering, met wanbestuur, korrupsie, onderbefondsing en die gebrek aan belastinginvordering wat gelei het tot werkers wat nie betaal word nie en basiese dienste wat agteruitgaan. Die vakverbond het sy voorlegging oor die Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring se Wysigings- en Aanpassingswetsontwerpe op die…
9 Dec 5AM 1 min

Landmyne is 'n reuse uitdaging in Sirië

‘n Jaar na die val van die Assad-regime in Sirië is dit duidelik dat die omvang van landmyne baie wyer strek as wat verwag is. Die internasionale organisasie wat landmyne verwyder, HALO, se programdirekteur vir Sirië, Simon Jackson, sê hulle het meer as 1 600 ongevalle gehad as gevolg van…
9 Dec 5AM 1 min

GBV: Fokus op mans geplaas

Die 5de Nasionale Manskonferensie is tans aan die gang, met 'n sterk oproep aan mans om die stilte te verbreek oor die mishandeling wat baie van kleins af in die gesig staar. Dit is in ‘n poging om geslagsgeweld te bekamp en mans emosioneel te bemagtig. James Itana, uitvoerende direkteur…
9 Dec 5AM 1 min