McIlroy vat weer Race to Dubai

Loading player...
Die vyfmalige major-kampioen, Rory McIlroy, het die Race to Dubai-titel die vierde agtereenvolgende jaar en die sewende keer in sy loopbaan gewen. Die Noord-Ier was naaswenner in die seisoen se laaste DP World Tour-kampioenskap in Dubai, wat Matt Fitzpatrick van Engeland in ʼn uitspeelronde gewen het. Die Switser, Ludvig Åberg, en Tommy Fleetwood van Engeland deel die derde plek. McIlroy sê dis ʼn eer om die Spanjaard, Seve Ballesteros, se kerf van ses titels verby te steek:
17 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Klagte teen oud-FBI baas uiteengesit

Die voormalige direkteur van die FBI, James Comey, word aangekla oor 'n sosiale media-plasing wat vertolk word as 'n dreigement teen die Amerikaanse president, Donald Trump. Die Instagram-plasing van Mei 2025 toon seeskulpe op 'n strand in Noord-Carolina wat die syfers "86-47" vorm. Ses-en-tagtig is informele taal vir "uithaal" of…
29 Apr 8AM 1 min

GOOD loof Gwarube se optrede oor R1,6-miljard handboektender

Die GOOD-party sê die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, moet geloof word omdat sy vinnig opgetree en die Nasionale Tesourie gevra het vir 'n ondersoek na vermeende onreëlmatighede met 'n tender van 1,6-miljard Suid-Afrikaanse rand vir die verkryging van handboeke. News24 het berig Lighthouse Publishers het 'n kwart van…
29 Apr 8AM 1 min

Meatco woeker, Aochamub sê produsente bly kern

Meatco bly in die nuus met verskeie bedrywighede onder sy nuwe interim uitvoerende hoof Albertus Aochamub. Met amper die helfte van sy Noorweegse kwota wat reeds bereik is, word samesprekings met Egipte gehou oor moontlike samewerking en uitvoere. Kosmos 94. Nuus het met Aochamub gesels en hy het weer klem…
29 Apr 6AM 1 min

Cosatu sê werkers sal teen middel Junie nie meer kan oorleef nie

Die vakbondfederasie Cosatu sê die regering se verlenging van die verligting van die verhoging van die brandstofprysheffing vir Mei en Junie is 'n positiewe stap. Matthew Parks van Cosatu sê meer verligting kan nodig wees indien die konflik in die Midde-Ooste voortduur. Hy sê hulle is bekommerd dat werkers, die…
29 Apr 6AM 1 min