NHE oorhandig 34 huise in Mariental

Loading player...
Die Nasionale Behuisingsonderneming het Donderdag 34 huise in Mariental oorhandig, wat vir meer as 6,5 miljoen Namibiese dollar gebou is. Die projek is binne ongeveer sewe maande afgehandel. Die adjunkminister van landelike en stedelike ontwikkeling, Evelyn !Nawases-Taeyele, het by die seremonie 'n beroep gedoen op munisipaliteite en dorpsrade om grond gratis aan die NHE beskikbaar te stel vir bekostigbare behuising.
20 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kreatiewe bedryf as nasionale prioritiet aangewys

Die regering het die kreatiewe bedryf as 'n nasionale prioriteit aangewys. Eerste minister Elijah Ngurare het spesifiek vir die filmsektor gepleit en 'n beroep gedoen op verbeterde ondersteuning om plaaslike inhoudskeppers te help en burgers aangespoor om Namibiese radio's, TV's en snitlyste met plaaslike talent te oorstroom. Ngurare het vanoggend…
18 Feb 7AM 1 min

Sibiya getuig MK-party het hom in openbaar verneder

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, het voor die Madlanga-kommissie getuig hy is in die openbaar verneder toe die MK-party 'n strafregtelike saak teen hom ingedien het. Hy sê hy is gedwing om verantwoording te doen voor die parlement se ad hoc-komitee wat MK-lede ingesluit het, ondanks hul klagte teen…
18 Feb 7AM 1 min

Ekonoom sê oor moontlike gryslys verwydering

Reaksie word ontvang op die Finansiële Intelligensie-sentrum wat vol hoop is dat Namibië van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys verwyder sal word, nadat al 13 tekorte wat uitgewys is, voor die sperdatum van Mei vanjaar aangespreek is. Kosmos 94.1 Nuus het met Dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se Ekonomie-department gepraat,…
18 Feb 5AM 1 min

Suid-Afrika se werkloosheid is amper die helfte van die land

Die vakverbond Saftu sê volgens syfers in die Kwartaallikse Arbeidsmagopname vir die vierde kwartaal van 2025 staar Suid-Afrika ʼn strukturele ekonomiese ramp in die gesig. Die werkloosheidsyfer het in die drie maande tot Desember tot 31,4-persent gedaal. Saftu-woordvoerder Asive Dyani sê die verslag bevestig dat die gekombineerde syfer vir werkloosheid…
18 Feb 5AM 1 min