Britse regering het met Covid-19 misluk

Loading player...
Die Verenigde Koninkryk se reaksie op die Covid-19-pandemie kan opgesom word as te min, te laat. Dit is volgens ʼn onafhanklike verslag oor die regering se hantering van die pandemie. Die verslag voer aan lewens kon in die eerste vlaag van die pandemie gered word indien die verpligte inperking ʼn week vroeër ingestel is. Die ondersoek se voorsitter, Baroness Hallett, sê daar was tydens die pandemie ʼn giftige en chaotiese kultuur in die VK-regering:
21 Nov 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamPol maan oor padveiligheid

Dit is weer die tyd van die jaar waar almal hul reisplanne vir die feesseisoen gereed kry. Namibië het van Januarie tot November vanjaar 2 960 padongelukke aangeteken, terwyl sterftes van 376 in 2024 na 448 in 2025 gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol hoofinspekteur Rozario Coetzee gepraat,…
8 Dec 9AM 1 min

Gratis tersiêre onderwys nou ook by private instellings

Die onderwysdepartment het aangekondig dat die kabinet goedgekeur het dat gratis tersiêre onderwys uitgebrei word na private instellings. Onderwysminister Sanet Steenkamp verduidelik wat volgende jaar se gratis onderwys gaan insluit. Nie-onderwysbehoeftes sal steeds deur lenings van die nasionale studentehulpfonds, Nsfaf, befonds word. Steenkamp is aan die woord.
8 Dec 9AM 1 min

Land moet uitvoere na Afrika diversifiseer: ekonoom

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het tydens die SAOG-parlementêre forum in Suid-Afrika gesê dat Amerikaanse tariefstygings van tussen 21 tot 15 persent dreig om vorige jare se winste uit voorkeurtoegang vir uitvoere na die VSA onder Agoa te ondermyn. Sy sê die tariefverskuiwing illustreer dat Afrika-uitvoerders blootgestel…
8 Dec 9AM 1 min

Ahmed Kathrada-stigting waarsku na moord op Getuie D

Die Ahmed Kathrada-stigting sê die moord op Marius van der Merwe het 'n baie dieper betekenis. Van der Merwe, bekend as Getuie D in die Madlanga-kommissie, is Vrydag vermoor. Neeshan Balton van die stigting sê 'n kersligwaak is by sy huis in Brakpan gehou. Hy sê verklikkers word geteiken, en…
8 Dec 7AM 1 min