NNN op pad G20 toe

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal die naweek by wêreldleiers in Johannesburg aansluit om Namibië se ontwikkelingsprioriteite by die G20 te bevorder. Die Presidensie sê Nandi-Ndaitwah is deur die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa genooi om die beraad as 'n spesiale gas by te woon. Sy sal Namibië se afvaardiging lei en opmerkings lewer in twee sessies: "Inklusiewe volhoubare ekonomiese groei – niemand agterlaat nie" en "'n Veerkragtige wêreld". Jonas Mbambo, presidensiële woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
21 Nov 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min