Weerkaatsers op pad na vrylopende diere langs paaie

Loading player...
Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, sê die ministerie beplan om weerkaatsers vir diere in gemeenskaplike areas in te stel om nagtelike padongelukke wat deur vrylopende diere veroorsaak word, te verminder. Nekundi het tydens die inbedryfstelling van die DR1635-pad in Epukiro gesê dat verkryging reeds aan die gang is om die weerkaatsers aan te koop en dat dit op honde, bokke, skape, koeie, donkies en perde geplaas sal word. Hy het gesê dat 'n toetsfase eers uitgevoer sal word en indien die resultate goed is, sal die weerkaatsers op alle diere gebruik word.
21 Nov 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min