Capricorn Eagles klop Uganda in Bangkok

Loading player...
Namibië se Capricorn Eagles het teruggebons en hul tweede wedstryd by die IKR Vroue Ontluikende Nasies Trofee-toernooi in Bangkok, Thailand gewen. Die Eagles het Uganda met 12 lopies geklop nadat hulle eerste gekolf en 83 vir 8 in hul 20 kolfbeurte aangeteken het. Hulle het daarna Uganda beperk tot 71 vir 7 in 20 boulbeurte. Namibië se bouler Leigh-Marie Visser is as die speler van die wedstryd aangewys na sy drie paaltjies laat kantel het vir net 10 lopies in 4 boulbeurte. Die Eagles se volgende wedstryd is Saterdag teen Thailand.
21 Nov 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karas-goewerneur teken ooreenkomste vir jeugbemagtiging

Drie ooreenkomste is onderteken tussen Karas-goewerneur Dawid Gertze, Giraffe Energy, die Nasionale Jeugraad en Quintus Investment CC. Die ooreenkomste is gemik op vaardigheidsontwikkeling en werks- en ekonomiese geleenthede vir die jeug van die Suide in die olie-, gas- en landbousektore. Entrepreneur Knowledge Katti het 'n 10 persent-belang in Giraffe Energy…
8 Dec 10AM 1 min

Maak verslag oor misdadige infiltrasie bekend, eis COPE

COPE eis die onmiddellike bekendmaking van sleutelgedeeltes van 'n geklassifiseerde intelligensieverslag oor misdadige infiltrasie van die regstelsel wat in November verlede jaar opgestel is. Die woordvoerder, Pakes Dikgetsi, sê die verslag onthul georganiseerde misdaadgroepe betaal aanklaers en prokureurs om borgtog vir gevaarlike verdagtes te verseker. Hy vra president Cyril Ramaphosa…
8 Dec 10AM 1 min

NamPol maan oor padveiligheid

Dit is weer die tyd van die jaar waar almal hul reisplanne vir die feesseisoen gereed kry. Namibië het van Januarie tot November vanjaar 2 960 padongelukke aangeteken, terwyl sterftes van 376 in 2024 na 448 in 2025 gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol hoofinspekteur Rozario Coetzee gepraat,…
8 Dec 9AM 1 min

Gratis tersiêre onderwys nou ook by private instellings

Die onderwysdepartment het aangekondig dat die kabinet goedgekeur het dat gratis tersiêre onderwys uitgebrei word na private instellings. Onderwysminister Sanet Steenkamp verduidelik wat volgende jaar se gratis onderwys gaan insluit. Nie-onderwysbehoeftes sal steeds deur lenings van die nasionale studentehulpfonds, Nsfaf, befonds word. Steenkamp is aan die woord.
8 Dec 9AM 1 min