VSA-SA spanning kan handelsgesprekke raak: UJ ontleder

Loading player...
Handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en Amerika kan ernstig beïnvloed word namate die oorhandiging van die G20-presidentskap aan Amerika in die weegskaal hang. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangekondig hy sal 'n junior ambassade-verteenwoordiger stuur om die presidentskap te ontvang, maar president Cyril Ramaphosa verwerp hierdie plan. 'n Ontleder aan die Universiteit van Johannesburg, Oscar van Heerden, het teenoor SABC News gewaarsku groot kwessies hang in die weegskaal, insluitend die tariefverhoging van 30 persent:
21 Nov 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gratis tersiêre onderwys nou ook by private instellings

Die onderwysdepartment het aangekondig dat die kabinet goedgekeur het dat gratis tersiêre onderwys uitgebrei word na private instellings. Onderwysminister Sanet Steenkamp verduidelik wat volgende jaar se gratis onderwys gaan insluit. Nie-onderwysbehoeftes sal steeds deur lenings van die nasionale studentehulpfonds, Nsfaf, befonds word. Steenkamp is aan die woord.
8 Dec 9AM 1 min

Land moet uitvoere na Afrika diversifiseer: ekonoom

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het tydens die SAOG-parlementêre forum in Suid-Afrika gesê dat Amerikaanse tariefstygings van tussen 21 tot 15 persent dreig om vorige jare se winste uit voorkeurtoegang vir uitvoere na die VSA onder Agoa te ondermyn. Sy sê die tariefverskuiwing illustreer dat Afrika-uitvoerders blootgestel…
8 Dec 9AM 1 min

Ahmed Kathrada-stigting waarsku na moord op Getuie D

Die Ahmed Kathrada-stigting sê die moord op Marius van der Merwe het 'n baie dieper betekenis. Van der Merwe, bekend as Getuie D in die Madlanga-kommissie, is Vrydag vermoor. Neeshan Balton van die stigting sê 'n kersligwaak is by sy huis in Brakpan gehou. Hy sê verklikkers word geteiken, en…
8 Dec 7AM 1 min

Zelensky het nie vredesvoorstel gelees: Trump

President Donald Trump van Amerika sê dis duidelik dat sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodymyr Zelensky, nie gereed is om die vredesvoorstel te aanvaar nie. Gesprekke tussen die twee lande se onderhandelaars het die naweek in Miami geëindig met onopgeloste vrae oor sekerheidswaarborge en kwessies oor grondgebied. Zelensky sê die onderhandelings was…
8 Dec 7AM 1 min