Dit is weer die tyd van die jaar waar almal hul reisplanne vir die feesseisoen gereed kry. Namibië het van Januarie tot November vanjaar 2 960 padongelukke aangeteken, terwyl sterftes van 376 in 2024 na 448 in 2025 gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol hoofinspekteur Rozario Coetzee gepraat,…
Die onderwysdepartment het aangekondig dat die kabinet goedgekeur het dat gratis tersiêre onderwys uitgebrei word na private instellings. Onderwysminister Sanet Steenkamp verduidelik wat volgende jaar se gratis onderwys gaan insluit. Nie-onderwysbehoeftes sal steeds deur lenings van die nasionale studentehulpfonds, Nsfaf, befonds word. Steenkamp is aan die woord.
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het tydens die SAOG-parlementêre forum in Suid-Afrika gesê dat Amerikaanse tariefstygings van tussen 21 tot 15 persent dreig om vorige jare se winste uit voorkeurtoegang vir uitvoere na die VSA onder Agoa te ondermyn. Sy sê die tariefverskuiwing illustreer dat Afrika-uitvoerders blootgestel…
Die Ahmed Kathrada-stigting sê die moord op Marius van der Merwe het 'n baie dieper betekenis. Van der Merwe, bekend as Getuie D in die Madlanga-kommissie, is Vrydag vermoor. Neeshan Balton van die stigting sê 'n kersligwaak is by sy huis in Brakpan gehou. Hy sê verklikkers word geteiken, en…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.