Volksmoord: Soeke na Duitse verantwoording duur voort

Loading player...
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid sê hulle is teleurgesteld, maar nie ontmoedig nie, nadat die Windhoek Hooggeregshof geweier het om Duitsland as 'n respondent by te voeg in hul betwisting van die volksmoordverklaring van 2021. Direkteur-generaal Itamunua Meroro het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die hofsaak, wat vir Maart 2026 geskeduleer is, sal hul soeke na Duitsland se verantwoording bevorder.
23 Nov 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Land moet uitvoere na Afrika diversifiseer: ekonoom

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het tydens die SAOG-parlementêre forum in Suid-Afrika gesê dat Amerikaanse tariefstygings van tussen 21 tot 15 persent dreig om vorige jare se winste uit voorkeurtoegang vir uitvoere na die VSA onder Agoa te ondermyn. Sy sê die tariefverskuiwing illustreer dat Afrika-uitvoerders blootgestel…
8 Dec 9AM 1 min

Ahmed Kathrada-stigting waarsku na moord op Getuie D

Die Ahmed Kathrada-stigting sê die moord op Marius van der Merwe het 'n baie dieper betekenis. Van der Merwe, bekend as Getuie D in die Madlanga-kommissie, is Vrydag vermoor. Neeshan Balton van die stigting sê 'n kersligwaak is by sy huis in Brakpan gehou. Hy sê verklikkers word geteiken, en…
8 Dec 7AM 1 min

Zelensky het nie vredesvoorstel gelees: Trump

President Donald Trump van Amerika sê dis duidelik dat sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodymyr Zelensky, nie gereed is om die vredesvoorstel te aanvaar nie. Gesprekke tussen die twee lande se onderhandelaars het die naweek in Miami geëindig met onopgeloste vrae oor sekerheidswaarborge en kwessies oor grondgebied. Zelensky sê die onderhandelings was…
8 Dec 7AM 1 min

Nuwe energieminister vra vrae oor kragopwekking, koste

Die enerigieministerie het sy nuwe lynminister, Modestus Amutse, aan die personeel voorgestel. Amutse was voorheen die uitvoerende direkteur in die inligtingsministerie. Sy aanstelling kom na die president Natangwe Ithete afgedank het, blykbaar oor ongerymdhede. Amutse het die personeel toegespreek.
8 Dec 6AM 1 min

SA bekommerd oor stygende selfmoorde onder jeug

Die Departement vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede sê hulle is diep bekommerd oor die stygende selfdoodsyfers onder jongmense in Suid-Afrika. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê Suid-Afrika het 'n beduidende en groeiende selfdoodkrisis, met 'n nasionale koers van ongeveer 23,5 per 100 000 mense, een van die…
8 Dec 6AM 1 min