Landdros-staking duur voort

Loading player...
Lede van die Landdroste- en Regtersvereniging van Namibië sal na verwagting vandag hul dienste opskort in reaksie op voortgesette vertragings in die implementering van hoër behuisings- en voertuigtoelaes vir landdroste. Volgens Florian Beukes van die vereniging het die justisieminister, Immanuel Wise, hulle meegedeel dat die gekorrigeerde toelae-skedule op 12 November aan die minister van finansies voorgelê is, maar die ministerie het ongespesifiseerde navrae geopper. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
23 Nov 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ahmed Kathrada-stigting waarsku na moord op Getuie D

Die Ahmed Kathrada-stigting sê die moord op Marius van der Merwe het 'n baie dieper betekenis. Van der Merwe, bekend as Getuie D in die Madlanga-kommissie, is Vrydag vermoor. Neeshan Balton van die stigting sê 'n kersligwaak is by sy huis in Brakpan gehou. Hy sê verklikkers word geteiken, en…
8 Dec 7AM 1 min

Zelensky het nie vredesvoorstel gelees: Trump

President Donald Trump van Amerika sê dis duidelik dat sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodymyr Zelensky, nie gereed is om die vredesvoorstel te aanvaar nie. Gesprekke tussen die twee lande se onderhandelaars het die naweek in Miami geëindig met onopgeloste vrae oor sekerheidswaarborge en kwessies oor grondgebied. Zelensky sê die onderhandelings was…
8 Dec 7AM 1 min

Nuwe energieminister vra vrae oor kragopwekking, koste

Die enerigieministerie het sy nuwe lynminister, Modestus Amutse, aan die personeel voorgestel. Amutse was voorheen die uitvoerende direkteur in die inligtingsministerie. Sy aanstelling kom na die president Natangwe Ithete afgedank het, blykbaar oor ongerymdhede. Amutse het die personeel toegespreek.
8 Dec 6AM 1 min

SA bekommerd oor stygende selfmoorde onder jeug

Die Departement vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede sê hulle is diep bekommerd oor die stygende selfdoodsyfers onder jongmense in Suid-Afrika. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê Suid-Afrika het 'n beduidende en groeiende selfdoodkrisis, met 'n nasionale koers van ongeveer 23,5 per 100 000 mense, een van die…
8 Dec 6AM 1 min

Steenhuisen praat oor komende plaaslike regeringsverkiesing

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die 2026-plaaslike regeringsverkiesing is van groot belang en gaan skerp betwis word. Steenhuisen het die kongres van die DA in die Noord-Kaap in Upington toegespreek. Hy sê in sommige dele van die land verduur gesinne eindelose wateronderbrekings, besoedelde voorrade, verstopte riool en gebreekte infrastruktuur wat…
8 Dec 5AM 1 min