Lamola sê G20-oorhandiging sal by DIRCO plaasvind

Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die oorhandiging van die G20-presidentskap aan die VSA sal op 'n vooraf bepaalde datum by sy ministerie se kantore in Pretoria plaasvind. Dit volg na Washington se besluit om nie die leiersberaad by te woon nie, en 'n chargé d'affaires te stuur. Lamola sê Suid-Afrika dring daarop aan dat die oorhandiging op 'n gelykstaande diplomatieke vlak moet plaasvind. Hy sê sy ministerie sal al die nodige G20-oorgangsmateriaal formeel oorhandig:
24 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min