Lamola sê G20-oorhandiging sal by DIRCO plaasvind

Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die oorhandiging van die G20-presidentskap aan die VSA sal op 'n vooraf bepaalde datum by sy ministerie se kantore in Pretoria plaasvind. Dit volg na Washington se besluit om nie die leiersberaad by te woon nie, en 'n chargé d'affaires te stuur. Lamola sê Suid-Afrika dring daarop aan dat die oorhandiging op 'n gelykstaande diplomatieke vlak moet plaasvind. Hy sê sy ministerie sal al die nodige G20-oorgangsmateriaal formeel oorhandig:
24 Nov 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Steenhuisen praat oor komende plaaslike regeringsverkiesing

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die 2026-plaaslike regeringsverkiesing is van groot belang en gaan skerp betwis word. Steenhuisen het die kongres van die DA in die Noord-Kaap in Upington toegespreek. Hy sê in sommige dele van die land verduur gesinne eindelose wateronderbrekings, besoedelde voorrade, verstopte riool en gebreekte infrastruktuur wat…
8 Dec 5AM 1 min

Trump se grens-tsaar verdedig Minnesota-operasie

President Donald Trump se sogenaamde grens-tsaar Tom Homan het ‘n reuse ontplooiing in Minnesota, met die teiken die Somaliese gemeenskap, oor die naweek uitgevoer. Hy word van rassisme beskuldig maar, hy sê hulle werk daaraan om die oopgrens-beleid van die vorige administrasie reg te stel.
8 Dec 5AM 1 min

Brandweerhoof maan oor braaivleis-vure

Alle braai-liefhebbers, julle moet versigtig wees vir meer as 'n braaivleis-vuur wat kan vlam vat hierdie feesseisoen. Stad Windhoek brandweer offisier, Fillipus Sikongo, waarsku dat 'n braaivleis-vuur in meer kan ontaard as die braaiers nie versigtig is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Sikongo gepraat wat verduidelik hoe om veilig…
8 Dec 5AM 1 min

Handel in renosterhoring sal nie stropery stop nie

Namibië se voorstelle oor renosters by die Cites COP20-beraad in Oesbekistan bly in die nuus. Die meerderheid van lande by die konvensie het Namibië se voorstel verwerp om die verkoop van renosterhorings toe te laat. Die land het ook gevra om toegelaat te word om renosters op die hoef te…
8 Dec 5AM 1 min