Steenhuisen verwelkom voedselsekerheid in G20-verklaring

Loading player...
Die DA-leier en minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die G20-leiersberaadverklaring is 'n groot prestasie vir president Cyril Ramaphosa en Suid-Afrika. Die 30-bladsy verklaring fokus sterk op ontwikkelingskwessies in Afrika, insluitend die bevordering van ekonomiese groei en handel. Steenhuisen sê hy is verheug dat voedselsekerheid deel is van die finale verklaring en dat die G20 hom daartoe verbind het om veerkragtige en volhoubare voedselstelsels en -sekerheid te verseker deur middel van oop en nie-diskriminerende handelsbeleide:
24 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min