Rubio sê samesprekings met Oekraïne vorder

Loading player...
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê goeie vordering is gemaak met gesprekke om 'n Amerikaanse vredesplan te finaliseer om die Rusland-Oekraïne-oorlog te beëindig. Hy het Sondag in Genève, Switserland, met 'n Oekraïnse afvaardiging onder leiding van Volodymyr Zelensky se personeelhoof, Andriy Yermak, vergader. Die konsep-plan van 28 punte sluit in dat Kiëf beheer afstaan van 'n gebied in die ooste van die land, en die grootte van sy weermag halveer. Rubio sê die items wat oop bly, is nie onoorkomelik nie:
24 Nov 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min