Los eers vryhandelooreenkoms, formaliseer informele sektor vir belasting

Loading player...
Namate Namibië dieper in die vasteland se markte indring onder die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied, neem die druk op die regering toe om te heroorweeg hoe dit die informele sektor ondersteun. Ekonoom Josef Sheehama waarsku dat tensy die land geleenthede vir informele handelaars verbreed, baie Namibiërs die risiko loop om die voordele van Afrika se grootste vryhandelsinisiatief mis te loop.
24 Nov 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS: Varkvleis sal duurder word, ook plaaslik

Suid-Afrikaners word gewaarsku om hoër varkvleispryse te verwag namate bek-en-klouseer en Afrika-varkpes die aanbod verminder. Dit sal Namibiërs ook raak met varkvleis invoere wat tot 56 persent van vraag behaal. Bedryfsdata in die buurland toon weeklikse slaggetalle het afgeneem. FNB se landbou-ekonoom, Paul Makube, sê Januarie se inflasiesyfers weerspieël reeds…
18 Feb 1AM 1 min

Meer as 80 VN-lede veroordeel Israel se Wesoewer-maatreëls

ʼn Groep van meer as 80 lidlande van die Verenigde Nasies, insluitend Namibië, veroordeel Israel se nuwe maatreëls in die Wesoewer. Die Israelse regering het die eerste keer sedert Tel Aviv die gebied in 1967 oorgeneem het, ʼn voorstel goedgekeur om groot dele van die Wesoewer as “staatseiendom” te registreer…
18 Feb 1AM 1 min

Real Madrid se Kampioeneliga-wedstryd ontsier deur bewering van rassisme

Real Madrid se Kampioeneliga-uitspeelwedstryd teen Benfica is vir tien minute gestaak nadat Vinicius Junior geweier het om verder te speel ná ʼn beweerde rassistiese opmerking deur Gianluca Prestianni van Benfica. Die Brasiliaan het pas Madrid laat voorloop toe die Argentyn hom konfronteer. Die wedstryd is ná Vinicius se klagte tydelik…
18 Feb 12AM 1 min

Gesondheid ondersoek dood van 21-jarige man op Otji

Die Otjiwarongo gemeenskap staan saam met 'n moeder wat haar 21-jarige seun verloor het weens beweerde mediese nalatigheid by die Otjiwarongo-staatshospitaal. Daar word beweer dat wyle Elijah Areseb op 31 Januarie met griepsimptome en asemhalingprobleme by die hospitaal aangemeld het, maar na bewering later ontslaan is ten spyte van lae…
18 Feb 12AM 1 min

Maak jou litte los vir kitties

Dancing for Purrs keer terug vir sy tweede uitgawe op 10 April, en bring 'n reeks dansskole en -style bymekaar vir 'n liefdadigheidsgeleentheid gewy aan dierewelsyn. Die geleentheid sal noodsaaklike fondse vir dierewelsynsorganisasies insamel. Kosmos 94.1 Nuus het met Ronja Lyhs van die Triglav Trust gepraat wat sê die geleentheid…
18 Feb 12AM 1 min