DA kap Gauteng regering oor R344-miljoen skuld aan Microsoft

Loading player...
Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi se regering skuld Microsoft 344-miljoen Suid-Afrikaanse rand in onbetaalde lisensiegelde. Dit volg nadat die Departement van e-Regering na bewering versuim het om die bedrag te betaal ingevolge die lisensie-ooreenkoms van 2022 tot 2025. Die DA-lid, Michael Waters, sê dit toon reuse-finansiële wanbestuur omdat 'n moderne regering nie kan werk sonder digitale stelsels nie. Hy voeg by Lesufi se administrasie stel tans kerndienste in gevaar, insluitend gesondheidsorg en onderwys:
24 Nov 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min