COP30 is ‘n mos van tyd - ekoloog

Loading player...
Die plaaslike ekoloog, dr. Peter Cunningham, draai nie doekies om oor COP30 in Belém, Brasilië nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het hy die wêreldklimaatberaad 'n vermorsing van tyd en geld genoem, nadat twee weke van gesprekke geëindig het sonder 'n ooreenkoms oor die oorgang na hernubare energie en geen padkaart om toenemende klimaatsuitdagings aan te pak nie. Meer as 50 000 afgevaardigdes van meer as 190 lande het vir die beraad bymekaargekom, wat 'n geraamde 130 000 metrieke ton koolstofvrystellings tot gevolg gehad het, dieselfde as 28 000 motors oor 'n jaar. Cunningham is aan die woord.
25 Nov 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goeie plaaslike oes laat pryse tuimel

Voermeester gee 'n oorsig oor die plaaslike oes van makro-kommoditeite wat bo-verwagting goeie resultate gelewer het. Dit het veroorsaak dat die aanbod die vraag oorskry, wat pryse laat daal het. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Labuschagne, die uitvoerende hoof van Voermeester gepraat:
6 Dec 5AM 1 min

Cuvelai wil 10 000 huise bou

'n Nuwe nasionale behuisingsprogram het ten doel om 100 000 bekostigbare huise in net vyf jaar te bou. Die Cuvelai Spesiale Behuisingskemafonds het sy eerste fase afgeskop, met die doel om 10 000 nuwe eenhede te bou, met 2 142 wat vir Keetmanshoop alleen beplan word. Die skema bied huise…
6 Dec 4AM 1 min

Sluipmoord op Madlanga-getuie

Die polisie het 'n soektog op tou gesit na huurmoordenaars wat "Getuie D" van die Madlanga-kommissie gisteraand in Brakpan, Ekurhuleni, doodgeskiet het. Getuie D het in November voor die kommissie getuig dat die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisiedepartement, Julius Mkhwanazi, by die oënskynlike toesmeer van 'n moord betrokke is. Polisiewoordvoerder…
6 Dec 4AM 1 min

Sperdatum vir Starlink-insette kruip nader

Cran het 'n opdatering uitgereik van die proses wat met Starlink se lisensie-aansoek verband hou. Die lisensiebod is volledig op 28 November in die Staatskoerant gepubliseer en belanghebbendes het die geleentheid om insette te lewer voor Vrydag, 12 Desember. Starlink-voorstander Peet van Staden, elektroniese ingenieur en suideboer vra die publiek…
6 Dec 3AM 1 min

SA hof dwing owerhede om gesondheidsorgtoegang te beveilig

Burgerlike samelewingsgroepe is tevrede met 'n beslissende uitspraak deur die Hooggeregshof in Johannesburg, wat owerhede dwing om veilige en onbelemmerde toegang tot gesondheidsorgdienste te waarborg. Die groepe, insluitend die Treatment Action en Kopanang Africa Against Xenophobia, sê die uitspraak is 'n belangrike stap tot die beëindiging van maande se intimidasie…
6 Dec 1AM 1 min