Suid-Afrikaners in Donbas is nie deur Kiëf gelok nie

Loading player...
Oekraïne se ambassadeur in Suid-Afrika, Olexander Scherba, het herhaal dat die 17 mans wat met beloftes van winsgewende indiensnemingskontrakte gelok is, nie vir Kiëf veg nie. Die groep Suid-Afrikaanse mans is in die brandpunt van gevegte in Oekraïne se Donbas-streek vasgekeer. Dis onwettig vir Suid-Afrikaners om by ander lande se weermag aan te sluit, tensy hulle toestemming van die regering het. Scherba het aan Newzroom Afrika gesê sedert die nuus bekend geword het, het hy e-posse van die mans se families ontvang:
25 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Venaani vies oor multimiljoen-dollar-huise vir oud-presidente

PDM-leier McHenry Venaani het nuwe debat ontketen oor staatsbefondsde aftreepakkette vir Namibiese presidente, insluitend huise wat soveel as 43 miljoen Namibiese dollar of meer kan kos. Venaani bevraagteken of sulke voordele, wat onder die Wet op Voormalige Presidente se Pensioen- en Ander Voordele van 2004 vasgelê is, bekostigbaar en geregverdig…
17 Feb 11PM 1 min

Amerikaanse belegging in mineralesektor kan goeie bydrae lewer

Namate die VSA sy strategiese belang in Namibië se mineralesektor vergroot, kom daar vrae oor of die land die regte transaksies sluit. Politieke ontleder professor Johan Coetzee waarsku dat Namibië, met die meeste uraanmyne onder Chinese beheer, die risiko loop om die volle waarde van sy enorme hulpbronne mis te…
17 Feb 11PM 1 min

Peiling toon SA-boere sat die landboudepartement

Die VF Plus sê 'n onlangse peiling deur Saai toon boere het vertroue verloor in die Departement van Landbou te midde van die bek-en-klouseer-krisis. Meer as 95-persent sê die reaksie was te stadig, entstowwe is swak bestuur en kenners is stilgemaak. Woordvoerder Wynand Boshoff vra minister John Steenhuisen om aanspreeklikheid…
17 Feb 10PM 1 min

Iran, VSA bereik eerste verstandhouding

Internasionaal en Iran en Amerika het Dinsdag in Geneve 'n verstandhouding bereik oor die belangrikste "rigtinggewende beginsels" in samesprekings wat daarop gemik is om hul kerngeskil op te los. Dit beteken egter nie dat 'n ooreenkoms op hande is nie, volgens die Iranse buitelandse sake-minister, Abbas Araqchi. ’n Amerikaanse amptenaar…
17 Feb 10PM 1 min