BKS is SA-regering se mislukking, sê De Jager

Loading player...
Die voorsitter van SAAI, dr. Theo de Jager, sê die verspreiding van bek-en-klouseer in die buurland is beduidend van staatsmislukking. In ‘n onderhoud met BizNews TV, sê hy eens streng bestuur deur padblokkades, militêre koördinering en naspeurbaarheidskontroles, het die staat nou alle bevel en beheer verloor en boere kan nie soos met slaggate of misdaad self organiseer nie. Hy verduidelik hoe die siekte van die Krugerwildtuin na die Wes-Kaap versprei het, boere verwoes het, uitvoere verlam het en vleispryse opgejaag het. En hy het ‘n pluimpie vir Namibië.
25 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min