
SAPD kan nie GBV-slagoffers beskerm nie
Loading player...
Die DA het kommer uitgespreek oor die mislukking van die Suid-Afrikaanse Polisiediens om oorlewendes van geslagsgeweld te beskerm. Tussen 2020 en 2025 is 47-duisend-457 oortredings van beskermingsbevele aangeteken, maar slegs ses-duisend-486 skuldigbevindings, 'n koers van 13,6-persent, is verkry. Benedicta van Minnen van die DA doen 'n beroep op dringende regeringsoptrede, meer indringende ondersoeke en verhoogde aanspreeklikheid om die veiligheid van en geregtigheid vir kwesbare oorlewendes te verseker:

