Israel 'sal aanhou bedreigings in Gaza uitskakel'

Loading player...
Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Danny Danon, sê sy land sal nie huiwer om onmiddellike bedreigings vir sy burgers en soldate uit te skakel nie. Dit volg teen die agtergrond van Gaza se brose wapenstilstand. Danon sê die Palestynse Owerheid het versuim om ekstremiste te konfronteer en beklemtoon terreurgroepe is openlik bedrywig. Hy voeg by Israel sal moet ingryp om beslag te lê op wapens wat die owerheid ignoreer en om terroriste te ontwapen:
25 Nov 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min