Formele toerisme-data wys nie bedryf se omvang

Loading player...
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië waarsku dat die land een van sy belangrikste nywerhede dramaties onderwaardeer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê uitvoerende hoof Gitta Paetzold dat nuwe ontleding wat by die Travel Namibia Festival aangebied is, 'n duidelike wanverhouding toon tussen amptelike statistieke en toerisme se werklike ekonomiese gewig. Terwyl nasionale rekeninge steeds toerisme se BBP-bydrae op slegs 2 persent vasstel, sê Paetzold dat vars data van Cirrus Capital daarop dui dat die ware syfer nader aan 17 persent is, wanneer vervoer, landelike aktiwiteite, gemeenskapskampe en ongeregistreerde operateurs getel word.
25 Nov 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min