Boere staal hulle vir baie reën: TLU SA

Loading player...
Die landbou-organisasie TLU SA sê boere staal hulle vir ʼn seisoen met bogemiddelde reënval. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens se weervooruitsigte vir die seisoen, word bogemiddelde reënval hierdie somer in die noordoostelike streke van die land verwag. Dele van Mpumalanga en Limpopo sal in hierdie tydperk minder reën as gewoonlik kry. TLU SA se woordvoerder, Bennie Van Zyl, sê solank boere genoeg reën op die regte tyd kry, sal hulle seisoen voorspoedig wees:
25 Nov 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min