Voermeester gee 'n oorsig oor die plaaslike oes van makro-kommoditeite wat bo-verwagting goeie resultate gelewer het. Dit het veroorsaak dat die aanbod die vraag oorskry, wat pryse laat daal het. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Labuschagne, die uitvoerende hoof van Voermeester gepraat:
'n Nuwe nasionale behuisingsprogram het ten doel om 100 000 bekostigbare huise in net vyf jaar te bou. Die Cuvelai Spesiale Behuisingskemafonds het sy eerste fase afgeskop, met die doel om 10 000 nuwe eenhede te bou, met 2 142 wat vir Keetmanshoop alleen beplan word. Die skema bied huise…
Die polisie het 'n soektog op tou gesit na huurmoordenaars wat "Getuie D" van die Madlanga-kommissie gisteraand in Brakpan, Ekurhuleni, doodgeskiet het. Getuie D het in November voor die kommissie getuig dat die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisiedepartement, Julius Mkhwanazi, by die oënskynlike toesmeer van 'n moord betrokke is. Polisiewoordvoerder…
Cran het 'n opdatering uitgereik van die proses wat met Starlink se lisensie-aansoek verband hou. Die lisensiebod is volledig op 28 November in die Staatskoerant gepubliseer en belanghebbendes het die geleentheid om insette te lewer voor Vrydag, 12 Desember. Starlink-voorstander Peet van Staden, elektroniese ingenieur en suideboer vra die publiek…
Burgerlike samelewingsgroepe is tevrede met 'n beslissende uitspraak deur die Hooggeregshof in Johannesburg, wat owerhede dwing om veilige en onbelemmerde toegang tot gesondheidsorgdienste te waarborg. Die groepe, insluitend die Treatment Action en Kopanang Africa Against Xenophobia, sê die uitspraak is 'n belangrike stap tot die beëindiging van maande se intimidasie…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.